Met die afgelope week se skoolvakansie wat aan die gang was, kon mens dit ook sien op ons strande en op die nommerplate van karre wat ons dorp deurry. Herold’s Baai het verseker ‘n paar ekstra voete geniet en die toue het maar gestaan vir roomys & chiproll bederfies. Dit was omtrent ‘n voorsmakie van hoe ons dit kan beleef in Desember. Daar is sprake van gastehuise en vakansieverblyf wat reeds vol bespreek is in die Suid-Kaap. So as ‘n Georgiet, kan ons maar uitsien na Gauteng, Kaap en ander provinsie vakansiegangers wat ons dorp weer betree! Dit sal natuurlik elke bedryf in die toerisme industrie goed doen!

Heroldsbaai op sy beste. ‘n Voorsmakie van hoe dit Desember in die Suid-Kaap kan lyk. 

Tydens die Desember vakansie kan daar natuurlik uitgesien word na allerhande vermaak.

  • Hart & Bosch Village het begin met inry fliekaande op Vrydae en Saterdae aande.
  • Gapp Café het nog elke Vrydagaand live music wat saam met Tapas & Welcome drinks geniet kan word.
  • Familie markte gaan voort by Outeniqua Mark en Sedgefield se markies (op Saterdae).
  • Dan moet die Kersmarkte natuurlik nie misgeloop word nie!

Al hierdie events en meer word op ons Love George website & app gekommunikeer. Gaan loer gerus!

Hou ons gerus ook dop op social media:
FacebookLoveGeorge
Instagram@lovegeorgesa

So dan, as die weer saamspeel, kan ons almal uitsien na ‘n kwaliteit Desember saam familie en vriende op strande, in die natuur en ander Suid-Kaap bederfies!

- Advertisement -